Wat 'n belewe is was die naweek nie! Van die oomblik wat die vrouens (bruidjies) opgedaag het, was daar 'n gevoel van
afwagting... 'n uitsien na wat Jesus as Bruidegom vir ons wil sê. Baie gou het elkeen sy slaapplekkie gekry en begin kuier,
dit was sò mooi om te sien hoe opgewonde die vrouens was!
Die worship was van die staanspoor af diep en intiem.
Linda en Elna het ons verras met 'n pragtige handleiding, getiteld "Beloved - rooted in His love", waaruit ons die naweek bedien is.
Toe ons die Saterdagoggend in die saal instap, was ek dadelik bewus van 'n lieflike geur wat daar ge-"linger" het, so asof
Jesus heelnag daar besig was, by elke stoel gestaan het, met daardie spesifieke vrou in Sy gedagte.
Saterdagmiddag kon elkeen op 'n kreatiewe manier uitbeeld waar sy op hierdie stadium met die Bruidegom is. Een het 'n
pragtige ruiker met spierwit blomme gemaak en buite gaan sit saam met haar Bruidegom, iemand anders het 'n kransie gevleg
met lavender en dit op haar kop gesit en heeltyd daarmee geloop, ander het geteken, geplak, gestap..
Die aand het elkeen 'n klein olielampie gekry om aan te steek. Alles was daardie oomblik
in goud gebaai. Sondag oggend is ons weg met ons lampies vol olie!
Wat 'n voorreg om te kon deel wees van hierdie kosbare naweek.
Dat ons kan seker wees ons is gewortel in Sy ewigdurende liefde.
Amanda van der Berg. Xxx